Nota vir gebruikers van Internet Explorer 6 (1999 !):
Vensters wat inligtings-boodskappe vertoon bly nie op die sigbare deel van die bladsy nie. Gaan na die bokant van die bladsy om die boodskappe te sien. Font-groottes word ook nie behoorlik aangepas nie. (Dis 'n pyn. Gebruik verkieslik Firefox vir 'n beter ervaring.)
• • Voordat die vorm voltooi word moet U asseblief die Verblyfvoorwaardes lees en seker maak dat U dit verstaan en aanvaar.
Raadpleeg Kontak-, Besprekings-, Bank- en Aankoms-besonderhede vir meer inligting.
Die invul van vorms
Firefox kan gestel word om inligting wat tevore ingevoer is te onthou as u dalk sou moes teruggaan om 'n fout op die vorm reg te maak.
• Van stelle velde gemerk º moet asseblief ten minste een voltooi word.
• Velde gemerk met 'n * (asterisk) is verpligtend en moet asseblief voltooi word.
• Velde met 'n geel agtergrond is ter inligting. Sodanige velde word bereken of programmaties aangepas indien nodig en kan nie elektronies ingevul word nie. Indien die vorm eers gedruk word en met die hand voltooi word kan hierdie velde volgens die Tariewe-blad bereken word.
Tree asseblief met ons in verbinding as enigiets in die vorm nie vir u duidelik is nie.
• • As vorms met die hand voltooi word moet drukskrif asseblief gebruik word.
Die druk van vorms
Druk vorms wat met die hand voltooi word in Landskap Oriëntasie om die skryfruimtes groter te kry.
Gaan na "Print preview" en stel die grootte om die vorm so groot as moontlik op die druk-bladsy in te pas. (Hang af van die webblaaier, beskikbare fonts en die drukker-drywer in gebruik).
• • Dit behoort normaalweg nie nodig te wees om die laaste bladsy te druk nie. Die laaste bladsy behoort nie deel van die vorm wat ingedien moet word te bevat nie.
Die indien van Aansoeke om Verblyf
Onthou asseblief om die bewys van betaling ook in te dien.
Heg asseblief `n afskrif van die bladsy met die ID- of paspoortfoto en -nommer van die verantwoordelike persoon aan.
• In die geval van `n gesinsgroep is `n afskrif ten opsigte van die verantwoordelike persoon voldoende.
• In die geval van alle ander groepe soos vriende, klubs of sport-spanne moet afskrifte van die bladsy met die ID- of paspoortfoto van elke betrokke individu asseblief aangeheg word.
Vorms in die webblaaier voltooi:
Hand-voltooide vorms kan